Steeds Jou Pa vertel van ’n pa se liefde wat bly staan, selfs wanneer afstand tussen hom en sy kind ontstaan.Dit dra die seer van misverstande, oordeel en ’n verhouding wat met verloop van tyd uitmekaar gegroei het.Ten spyte daarvan kies hy nie bitterheid nie, maar om steeds van ’n afstand af lief te hê.Die lied onthou die opofferings, die saamwees en die klein oomblikke wat deel van hulle verhaal geword het.Dit vertel van ’n pa wat steeds net die beste vir sy kind wens, al stap hulle nie meer dieselfde pad nie.Onder die hartseer bly daar dankbaarheid vir die voorreg en vreugde om haar pa te wees.Van die eerste keer wat hy haar in sy arms gehou het tot sy laaste asem, verander daardie liefde nie.Steeds Jou Pa is uiteindelik ’n boodskap aan sy prinses: maak nie saak hoe ver die lewe julle uitmekaar neem nie — ek bly nog steeds jou Pa.
LYRICS
Begin van die verhaal dag wat jy weggetrek het Met die wegtrek het jy ‘n stukkie van my hart saam geneem Ek bly nogsteeds jou Pa Jy’t my veroordeel oor ’n nuwe liefde langs my sy Net later hoor ek julle stap saam met hom en haar langs die see verby Ek bly nogsteeds jou Pa Jy het gekies om die onreg te glo Sonder om ooit my kant regtig te ken …. gekies om die onreg te glo Ek bly nogsteeds jou Pa Steeds jou Pa, lief soos daardie eerste vashou Steeds jou Pa, wens dat jy op vlerke sal sweef Steeds jou Pa, Wens net die beste vir jou Dank God vir voorreg Dank God vir vreugde Om jou Pa te wees Naweke, ons tyd opgegee Sodat hy jou ook kon sien Selfs dit Was nooit raakgesien nie Ek bly nogsteeds jou Pa Gekies om eerder ‘n ander se huis op te pas Bo ons gewone kuiers saam Ek bly nogsteeds jou Pa Jou ore vir ander gegee Maar nooit die volle waarheid gesoek nie …. nooit waarheid gesoek nie Ek bly nogsteeds jou Pa Tot die laaste dag van minderjarigheid Het ek na jou omgesien soos beloof Soms voel dit of my liefde verkeerd verstaan word Ek bly nogsteeds jou Pa Al het jy die keuse gemaak Om nie deel van my lewe te wees nie Weet net Ek het jou nog lief van ’n afstand af … lief van ‘n afstand Ek bly nogsteeds jou Pa Meer as eenmaal die vraag vir ander gevra Hoekom ek en my nuwe liefde nooit baklei nie Dis omdat liefde anders klink Ware liefde oral uitblink Wanneer twee mense werklik saamstaan Steeds jou Pa, drukkie om jou te verwelkom Steeds jou Pa, my hart altyd plek vir jou Steeds jou Pa, tot laaste asem jou lief hê Dank God vir voorreg Dank God vir vreugde Om jou Pa te wees EK sal jou nog net so lief hê soos die eerste dag toe ek jou in my arms gehou het. Tot my laaste asem Sal my hart nog joune wees Ek is Baie lief Vir jou My Prinses Jou Dad