Die Braai Broodjie vier een van daardie eenvoudige tradisies waarsonder ’n Suid-Afrikaanse braai net nie heeltemal dieselfde voel nie. Dit begin met die son wat sak, die hout wat brand en vriende wat rondom die vuur bymekaarkom. Dan begin die groot debat — tamatie of nie, blatjang of nie, dik uie of dun, botter binne of buite. Skielik is almal ’n braaikenner en natuurlik stem niemand saam oor wanneer daardie rooster gedraai moet word nie. Maar tussen al die raad, argumente en kaas wat begin trek, gebeur iets besonders. Die braaibroodjie word meer as net kos — dit word deel van die stories, die lag en die rede waarom niemand nog huis toe wil gaan nie. Die Braai Broodjie is uiteindelik ’n lekker Suid-Afrikaanse kuierlied oor die eenvoudige ding wat ons laat stry, lag en tog altyd weer rondom dieselfde vuur bymekaarbring.




Son het gesak, die aand het gekom
Hout word gepak in braaier vanaand
Almal kyk rond wie roker gaan aansteek
Nou begin die braaivleis vuur brand
Eis bakkies breek vir die ysbak
Dop en mix word van lys afgemerk
Loer na horlosie, wag vir vriende om te kom
En die reuk van houtvuur trek deur die nag
“Pre Chorus”
Die meet of die vuur nog te warm is
Wie’s in beheer van die draai rooster
Dit is hier waar almal braai kenners is
En selfs hulle gee nie dieselfde raad nie
“Chorus”
“Die braai broodjie
Eenvoud wat ons almal vereenig
Die braai broodjie
Waaroor elke braaier altyd strei
Die braai broodjie
Laaste stadig oor die kole gebraai
Die braai broodjie
Rede waarom die kuier langer bly
Partei wil tamatie, partei wil net kaas
Partei sê blatjang maak broodjie baas
Partei kyk net hulle heel verbaas
Partei dun uie, partei wil net duk
Partei glo in cheddar wat staadig trek
Partei sê botter werk beter alle kante
Altyd iemand wat nie kan besluit nie
Terwyl ‘n ander net stilweg sy kop skud
Nog iemand soek ekstra sout en peper
Nog iemand sê “los hom nou net uit”
Maar tussen bou en opinies vanaand
Bring die braai broodjie weer almal saam
“Pre Chorus”
Die meet of die vuur nog te warm is
Wie’s in beheer van die draai rooster
Dit is hier waar almal braai kenners is
En selfs hulle gee nie dieselfde raad nie
“Chorus”
Die braai broodjie
Eenvoud wat ons almal vereenig
Die braai broodjie
Waaroor elke braaier altyd stry 😄
Die braai broodjie
Laaste stadig oor die kole gebraai
Die braai broodjie
Rede waarom die kuier langer bly
Braai broodjie meester bepaal
Hoop die kole gaan die paal haal
“Jy moet nou draai!” van die kant af geskree
Braai meester antwoord net: “Is jy laf of wat?”
Nog iemand sê die kaas gaan nou uitloop
Nog iemand sê die hitte moet nou sak
Maar niemand loop weg van die rooster af nie
Veral nie as die kaas begin trek
Chorus
Die braai broodjie
Eenvoud wat ons almal vereenig
Die braai broodjie
Waaroor elke braaier altyd stry
Die braai broodjie
Laaste stadig oor die kole gebraai
Die braai broodjie
Rede waarom die kuier langer bly
Hey!
Gooi nou nog hout op die vuur
Hey!
Niemand gaan huis toe vanaand
Die braai broodjie
Waar stories deur die nag bly leef
Die braaibroodjie
Alles waarna ’n lekker kuier streef
“DIE BRAAI BROODJIE…”
(crowd repeats)
“DIE BRAAI BROODJIE…”
(crowd repeats)