Die Voorreg Om Jou Liefling Te Noem is ’n liefdeslied oor die besondere naam wat twee mense net vir mekaar dra. Vir die wêreld het ons name wat ons ouers vir ons gegee het, maar tussen twee sielsgenote ontstaan ’n naam met ’n dieper betekenis. “Liefling” word die sagte uitroep van ’n liefde wat saam lag, huil, droom en deur storms stap. Dit vertel van ’n woord wat eenvoudig klink, maar ’n hele lewe se liefde kan vasvang. Selfs wanneer die jare verbygaan en grys hare kom, bly die hoop om daardie naam steeds vir mekaar te fluister. Die lied vier die eer en voorreg om iemand te hê wat jy met jou hele hart jou liefling kan noem. Die Voorreg Om Jou Liefling Te Noem is uiteindelik ’n viering van twee mense wat in een eenvoudige woord sê: jy is myne, en ek is joune.
LYRICS
“Die Wêreld ken ons so Name deur ouers gegee Maar tussen almal op aarde Het ons vir mekaar ’n naam met meer waarde “Pre-Chorus” En al klink dit so klein vir ander Vir ons is dit meer as perfek “Chorus” Dit is die eer Om mekaar “liefling” te noem Dit is die voorreg Om mekaar “liefling” te noem Dis ons harte se uitroep Van ’n ware liefde wat blom Deur mekaar “liefling” te noem Dis die klank van twee sielsgenote Wat altyd na mekaar toe kom Deur mekaar “liefling” te noem ‘n naam wat storms en somers deel Saam duisende drome verbeel ‘n naam wat saam kan lag en huil Deur alles heen steeds by ons bly Een woord wat sag die waarheid sê “Pre-Chorus” En al klink dit so klein vir ander Vir ons is dit meer as perfek “Chorus” Dit is die eer Om mekaar “liefling” te noem Dit is die voorreg Om mekaar “liefling” te noem Dis ons harte se uitroep Van ’n ware liefde wat blom Deur mekaar “liefling” te noem Dis die klank van twee sielsgenote Wat altyd na mekaar toe kom Deur mekaar “liefling” te noem Deur die wêreld geken op ons name Name wat ons ouers vir ons gee Maar tussen almal hier op aarde Het ons vir mekaar ’n naam met soveel meer waarde “Bridge” As die uurglas ons hare grys kom kleur Als tot stilstand kom en stil raak Hoop ek ons fluister nogsteeds “My liefling ” net soos dit nou gebeur “Pre-Chorus” En al klink dit so klein vir ander Vir ons is dit meer as perfek “Chorus” Dit is die eer Om mekaar “liefling” te noem Dit is die voorreg Om mekaar “liefling” te noem Dis ons harte se uitroep Van ’n ware liefde wat blom Deur mekaar “liefling” te noem Dis die klank van twee sielsgenote Wat altyd na mekaar toe kom Deur mekaar “liefling” te noem Dis die voorreg Die mooiste ding om op te roem Die mooiste ding om op te noem Die beste ding om op aarde te doen Vir ons om mekaar “liefling” te noem Om mekaar “LIEFLING” te noem My liefling My liefling