Dit Was Nou Fokken Cool is ’n lekker, ongefilterde lied oor daardie een vriend wat deur al jou goeie én baie slegte planne langs jou bly staan.
Dit vier die soort vriendskap waar niemand hoef voor te gee of mooi woorde nodig het nie.
’n Goeie vriend probeer jou dalk keer voordat jy kak maak — jou beste vriend sit langs jou wanneer die kak spat.
Dis die vriend wat laatnag antwoord, saam met jou lag en ná alles steeds vra: “What is next?”
Deur die jare verander mense en paaie skei, maar ’n handjievol vriende bly staan.
Hulle word deel van die stories wat julle eendag met grys hare steeds sal vertel.
Dit Was Nou Fokken Cool is ’n ode aan beste vriende, slegte idees en daardie legendariese oomblikke wat altyd eindig met: “Kom ons doen dit fokken weer!”



Verse 1
Langs elkeen se pad sal jy baie mense ontmoet
Van hulle stap verby, ander doen jou hart goed
Sommige van hulle sal jy later vriende noem
Maar net ’n handjievol sal saam met jou grys word
Dis dié wat jou ken sonder dat jy hoef te praat
Wat bly wanneer die res al lankal aangestap het
Want goeie vriende kruis jou pad en stap soms aan
Maar jou beste vriende, dié bly langs jou staan
Pre-Chorus
Deur dik en dun sal beste vriende by jou staan
Selfs al weet hy jou plan eintlik geen kans staan
En as alles skeefloop soos julle dit verwag
Is hy langs jou die een wat eerste lag
Chorus
’n Goeie vriend keer jou voor jy kak maak
Jou beste vriend sit langs jou as die kak spat
Hy draai en kyk vir jou
Jy draai en kyk vir hom
“…Dit was nou fokken cool…”
(lag)
O-ho, o-ho…
“…Dit was nou fokken cool…”
(lag)
’n Goeie vriend:
“Wat de moer het jy aangevang?”
Jou beste vriend sê:
“What is next”
“…Dit was nou fokken cool…”
(lag)
“Kom ons doen dit fokken weer!”
(lag)
“…Dit was nou fokken cool…”
(lag)
Verse 2
Van planne wat begin het met: “Net gou-gou”
Tot daai een wat net vra: “Is jy okay, ou?”
Wat jou só goed ken, julle hoef nie eens te praat
Wat aanbly wanneer die res al lankal aangestap het
Dis dié wat elke oproep antwoord, al is dit laat
Jou beste vriende, dié bly altyd langs jou staan
Pre-Chorus
Deur dik en dun sal beste vriende by jou staan
Selfs deur planne wat van die begin af geen kans staan
En as alles skeefloop soos julle dit verwag
Is hy langs jou die een wat eerste lag
Final Chorus
’n Goeie vriend keer jou voor jy kak maak
Jou beste vriend sit langs jou as die kak spat
Hy draai en kyk vir jou
Jy draai en kyk vir hom
“…Dit was nou fokken cool…”
(lag)
O-ho, o-ho…
“…Dit was nou fokken cool…”
(lag)
’n Goeie vriend:
“Wat de moer het jy aangevang?”
Jou beste vriend sê:
“What is next”
(lag)
“…Dit was nou fokken cool…”
(lag)
“Kom ons doen dit fokken weer!”
“…Dit was nou fokken cool…”
“Kom ons doen dit fokken weer!”
“…Dit was nou fokken cool…”
Outro
“Wat de hel het jy aangevang?”
“Volgende keer kies ek wat ons doen!”
(lag)
“Kom ons doen dit fokken weer!”
“…Dit was nou fokken cool…”
“Kom ons doen dit fokken weer!”
“…Dit was nou fokken cool…”