Ons stap deur die lewe met ’n onsigbare sak waarin elke klip ’n naam en elke naam ’n verhaal dra.
Hoe meer ons self probeer dra, hoe swaarder word die sak en hoe minder raak ons krag.
“Gee Jou Klippe Vir Hom” is ’n geloofslied oor die laste wat ons nooit bedoel was om alleen te dra nie.
Wanneer die gewig ons knieë laat buig, reik God steeds Sy hand uit en sê: “Kom lê dit neer.”
Elke las, elke klip en elke swaarkry kan uiteindelik die pad wees wat ons nader aan Hom lei.
Dit is die oomblik wanneer self dra verander in oorgawe, en die swaar plek maak vir Hallelujah.
Lê jou sak voor Hom neer, gee jou klippe vir Hom… en sing Hallelujah.


“Chorus”
Self sugtig het ek self gedra
Met elke treë net krag verloor
“Verse 1”
Op my pad het ek ’n sak gekry,
wat ek stadig vol klippe laai.
Elke klip dra sy eie naam,
elke naam vertel ’n verhaal.
“Pre-Chorus”
Self sugtig het ek self gedra
Met elke treë net krag verloor
Maar met Sy hand uitgereik
En Stem wat sê: “Kom lê dit neer.”
“Chorus”
Almal dra ‘n sak rond
‘n sak vol klippe so swaar
Gee jou klippe vir Hom
En sing Hallelujah (Hallelujah)
Hal-le-lu-jaaah  Hal-le-lu-jaaah
Almal dra ‘n kruis rond
’n las wat jou knieë laat buig
Maar gee jou klippe vir Hom
En sing Hallelujah (Hallelujah)
Hal-le-lu-jaaah  Hal-le-lu-jaaah
Gee jou klippe vir Hom
“Verse 2”
Wie het gesê ons moet alles self neem?
Wie het gesê ons moet elke klip laai?
Wie het gesê ons moet so swaar dra,
as daar ’n Hand is wat ons kan dra?
Laat elke las ons na U lei
Laat elke klip ons na U lei
Laat elke swaar dra ons na U lei
Laat Sy Hand ons pad voorberei
“Bridge”
Nou lê ek my sak voor U neer
Gee my laste aan U, o Heer
Op my knië om U te vereer
My lewe totaal in U beheer
Pre-Chorus”
Self sugtig het ek self gedra
Met elke treë net krag verloor
Maar met Sy hand uitgereik
En Stem wat sê: “Kom lê dit neer.”
Nou Gee ek my klippe vir Hom
Gee jou klippe vir Hom
“Chorus” 
Almal dra ‘n sak rond
‘n sak vol klippe so swaar
Gee jou klippe vir Hom
En sing Hallelujah (Hallelujah)
Hal-le-lu-jaaah  Hal-le-lu-jaaah
Almal dra ‘n kruis rond
’n las wat jou knieë laat buig
Maar gee jou klippe vir Hom
En sing Hallelujah (Hallelujah)
Hal-le-lu-jaaah  Hal-le-lu-jaaah
Gee jou klippe vir Hom
Laat elke las ons na U lei … Hallelujah
Laat elke klip ons na U lei … Hallelujah
Laat elke swaar dra ons na U lei … Hallelujah
Laat Sy Hand ons pad voorberei … Hallelujah
Gee jou klippe vir Hom