’n Diep gedig oor pyn wat nie sommer met ’n “sorry” of ’n pil verdwyn nie.Dit vertel van die eensame nagte waarin hoop soms ver weg voel.Van ’n doring in die vlees waarvoor daar nie altyd ’n maklike antwoord is nie.Selfs genade kan soms moeilik wees om te verstaan wanneer ’n mens gebroke voel.Maar omdraai is nie meer ’n opsie wanneer jy reeds so ver gekom het nie.Met oë vorentoe word die steil pad tree vir tree aangepak.Want soms lê die heil nie in ’n maklike pad nie, maar daarin om tot die einde aan te hou.
LYRICS
Steeds verwag diegene om ons (sommige sal dit met vermetelheid selfs gebied) dat daar spontaan ’n vreugdeslied bokant ons gebrokenheid en krankheid sommer só sal geskied dat ons pyn met ’n ’sorry man’ gaan verdwyn drink nog ’n pilletjie môre sal die son weer skyn maar alleen in die nag lê jy op more en wag miskien sal daar iewers iets of iemand wees wat die doring in my vlees met een groot pluk ter saligheid sal ruk selfs paulus se godsgrade genoeg is my genade lê soos verdorde rowe my verstand te bowe van omdraai is maar min ek’s te ver van die begin dis nou net oë toeknyp toekoms vasgryp die hoek van die helling beklemtoon my stelling al is die weg hoe steil die einde alleen is my heil (c) – Dudley Cato – 02/05/2014