’n Tong-in-die-kies lied oor daardie Sondagoggende ná ’n lekker laat Saterdagaand.Jy wil net slaap, maar Pa het ander planne in die kombuis.Die pan sis en die reuk van hoenderlewertjies kruip stadig deur die gang.Geen kombers, kussing of toe deur kan jou daarvan red nie.Selfs die hond besluit buite is veiliger.Vir Pa is dit die ontbyt van kampioene — vir ’n tiener is dit die einde van sy inlê. Hoenderlewertjies… ag, nie weer nie! 😂


Saterdae behoort aan laat wakker bly
Laatnag stories, kuier en opgewekte ritmes
Kuier tot vroegoggend soms tot son opkom
Sondae oggende slaap tot die middagson
Vroeg oggend sluip dit staadig deur die gang
Daai reuk wat my uit die bed uit vang
Reuk wat jou aan jou neus hare gryp
Klou vir lewe al trek jy kombers oor jou kop
Neus in my kussing vas
veg nog steeds vir asemhaling
Slaap gaan nie vandag wen nie
Daardie verdomde hoender
Sondag oggend hoender lewertjies
Reuk wat ‘n tiener naweek om gooi
Sondag oggend hoender lewertjies
So sterk deur die gang ek wil op gooi
Hoender lewertjies
Nog ‘n inlê onmoontlik gemaak
Hoender lewertjies
Wie het besluit dit moet gaar raak
Geraas gee weg dis Pa daar in die kombuis
Wonder wie vir Pa geleer het lewer is ’n fees
Ek lê net stil en wonder half verstom
Hoe iets so klein my hele slaap kan omdom
Neus in my kussing vas
veg nog steeds vir asemhaling
Slaap gaan nie vandag wen nie
Daardie verdomde hoender
Sondag oggend hoender lewertjies
Reuk wat ‘n tiener naweek om gooi
Sondag oggend hoender lewertjies
So sterk deur die gang ek wil op gooi
Hoender lewertjies
Nog ‘n inlê onmoontlik gemaak
Hoender lewertjies
Wie het besluit dit moet gaar raak
Ek hoor die pan weer sis vanuit die kombuis
Daar’s geen veilige plek meer oor in die huis
Selfs my hond het stilweg buite gaan lê
Maar Pa sê dis ontbyt van kampioene
… En daai reuk kom alweer deur die gang ….
Sondag oggend hoender lewertjies
Reuk wat ‘n tiener naweek om gooi
Sondag oggend hoender lewertjies
So sterk deur die gang ek wil op gooi
Hoender lewertjies
Nog ‘n inlê onmoontlik gemaak
Hoender lewertjies
Wie het besluit dit moet gaar raak
Reuk wat ‘n tiener naweek om gooi
So sterk deur die gang ek wil op gooi
Nog ‘n inlê onmoontlik gemaak
Wie het besluit dit moet gaar raak
Hoender lewertjies … ag nie weer!
Hoender lewertjies … ag nie weer!