’n Persoonlike lied geskep vir Hardy van Stratten en opgedra aan Linda en Marizaan.’n Boodskap uit die hart van ’n man wat soms voel dat hy as hoof van die huis gefaal het.Al het die mure dalk geval, het die liefde binne die gesin bly staan.Nie goud of besittings bepaal die waarde van dié wat vir hom alles beteken nie.Waar ander verlies mag sien, sien hy steeds sy grootste seën.’n Belofte dat sy liefde geen perke ken nie en dat hy sy laaste asem vir hulle sou gee.Linda en Marizaan — jul verdien om te weet hoeveel jul werklik vir hom beteken.



Geskep vir Hardy Van Stratten
Opgedra aan ….
Linda en Marizaan
GESKRYF & VERVAARDIG DEUR Michael Cato
Jul verdien om te weet
Daar’s ’n tyd en plek vir alles
En nou’s dit tyd vir die waarheid
Jul nog altyd tevrede met minste
Gee julself sonder verwagte winste
Voel soms my taak,
as hoof van die huis
… het ek jul gefaaal
“Chorus”
Jul verdien om te weet (verdien om te weet) Ooooh hooo hooo
Ek sal my lewe gee…(lewe vir jul gee)
Ooooh hooo hooo
JUL VERDIEN OM TE WEET
Die mure het dalk geval
Maar ons liefde bly steeds staan
Nooit hoef jul minder te voel nie
God weet jul waarde vir my
My liefde vir jul,
ken geen perke
Jul my alles
“Chorus”
Jul verdien om te weet (verdien om te weet) Ooooh hooo hooo
Ek sal my lewe gee…(lewe vir jul gee)
Ooooh hooo hooo
JUL VERDIEN OM TE WEET
Kon dalk nie goud vir jul gee nie
Maar sal my laaste asem gee
Waar die buitekant dalk verlies sien
Sien ek steeds my grootste seën
(my grootste seën)
(my grootste seën)
“Chorus”
Jul verdien om te weet (verdien om te weet) Ooooh hooo hooo
Ek sal my lewe gee…(lewe vir jul gee)
Ooooh hooo hooo
JUL VERDIEN OM TE WEET
(Jul verdien om te weet)
(Jul verdien om te weet)