’n Persoonlike lied oor die hengelwater as ’n plek van rus, herstel en vrede.Ver van die geraas van die lewe kry ’n mens weer kans om net jouself te wees.Elke kring op die water en geluid van die natuur bring die gedagtes tot bedaring.Wanneer die son sak, voel die siel weer voller en die wêreld ’n bietjie ligter.Maar agter dié liefde vir hengel lê ook ’n kosbare nalatenskap van ’n pa.Eers met die jare kom die besef dat sy raad en die tyd langs die water eintlik terapie was.Dankie Pa — sonder dat ek dit geweet het, was jy my beste terapeut.




Warm fles in hand, ou regte ware Boere troos
Op die oewer staar na kringe op water, Sorgloos
Bedrywig met opslaan ontspanne alreeds
Tyd vir my om in my eie heel al te wees
In die verte ‘n arend se roep amper op bevel
Want hier vind ek, … te .. reg myself, in my eie vel
Staar na water skielik geluid van ”n gespring
Besef ek was weg die geluid terug gedwing
Ek verlang na die hengelwater, my terapie
Eerder vroeg as later, my terapie
Plek waar my siel weer vrede vind, my terapie
Waar stukkende dinge weer bind, my terapie
Oranje lig in die weste einde van die dag
My siel weer gevul nou kan ek weer lag
Diep wardering vir die een bekend gestel
Dankie Pa ek dra die raad inderdaad wel
Ek verlang na die hengelwater, my terapie
Eerder vroeg as later, my terapie
Plek waar my siel weer vrede vind, my terapie
Waar stukkende dinge weer bind, my terapie
Nooit tot nou besef, dalk my beurt
My pa was my beste terapeut