’n Historiese geloofslied oor die gebeure wat tot die Slag van Bloedrivier gelei het.Dit vertel van verlies, rou en die vasberadenheid van die Voortrekkers wat hul laer vir die komende geveg voorberei het.Te midde van vrees en onsekerheid het hulle hul tot gebed gewend en ’n Gelofte aan God afgelê.Die veldslag word vertel vanuit die perspektief van mense wat hul oorlewing en oorwinning aan God se beskerming toegeskryf het.Wanneer die wapens uiteindelik stil word, verander die verhaal van oorlog na een van dankbaarheid en herinnering.Die lied plaas die klem nie op menslike roem nie, maar op die geloof waarmee die Gelofte onthou word.Bloedrivier — mag ons die Gelofte onthou en getrou bly aan die betekenis wat dit vir ons dra.




Ontstaan deur verraad van Piet Retief
Hy en sy manne stil deur verraad beswyk
Tien dae later, die Blou krans moorde
Nie ‘n siel gespaar nie, almal beswyk
Boere rou verander tot vasberadenheid
Laer getrek met waens in gereedheid
Vuursteene met buskruit, lope gelaai
Gebed versterkte geloof met elke laai
Laaste nag voor die chaos los gebars
Sarel Cilliers, die boere beskerm met gebed
God se beskerming en oorwinning lei tot belofte
Tot vandag word gevier as die bewaarde gelofte
Slag van bloed rivier, het ons na U geroep
Deur geloof het ons voorspoed gesoek
Rivier rooi gevul met al hulle bloed
Niks hiervan moontlik sonder U krag en goed
Slag van bloed rivier, het ons na U geroep
Engele aan ons kant, geen vyand het vermoed
Slag van bloed rivier, het ons na U geroep
Vir die vyand soos duisende in ons groep
Slag van bloed rivier, het ons na U geroep
Niks hiervan moontlik sonder U genade
So het dag aangebreek vyand se storm aanskou
Minder bewus van boere se vertroue op gelofte gebou
Golf na golf met geloof afgeweer keer op keer
Die rede vir die gelofte jaar na jaar
Toe die laaste oorlogshoring geblaas
Het duisende geval tot almal verbaas
U het agter die kleiner mag bly staan
Tot die vyand uiteindelik die aftog slaan
Toe die donderslae van laaiers stil geword
Het vlieë reeds oor stille liggame gebrom
Tot eer van U is die oorwinning bekom
Oë na die hemel, steeds in verwondering verstom
Slag van bloed rivier, het ons na U geroep
Deur geloof het ons voorspoed gesoek
Rivier rooi gevul met al hulle bloed
Niks hiervan moontlik sonder U krag en goed
Slag van bloed rivier, het ons na U geroep
Engele aan ons kant, geen vyand het vermoed
Slag van bloed rivier, het ons na U geroep
Vir die vyand soos duisende in ons groep
Slag van bloed rivier, het ons na U geroep
Niks hiervan moontlik sonder U genade
Bloedrivier
Oorwinning was U s’n, nie ons s’n om op te roem nie
Bloedrivier
Mag ons die Gelofte nooit gering of stil vernoem nie
Bloedrivier, herinner ons aan U woord getrou
Mag ons vandag besluit nog op dit voort te bou
Bloedrivier,
herinner ons aan
U woord getrou
Mag ons vandag besluit
nog op dit
voort te bou