’n Rou en emosionele lied oor pyn wat aanhou wanneer rus, medikasie en woorde nie meer verligting bring nie.Dit vertel van die eensame stryd wat min mense van buite werklik kan sien of verstaan.Trane word stille gebede wanneer die nag lank raak en hoop begin verdof.Tog is daar geen wens dat iemand anders dieselfde lyding moet ervaar net om dit te verstaan nie.Selfs wanneer liggaam en hart moeg word, bly daar ’n klein gebed vir lig tussen die donker.Soms is oorwinning nie om die pyn te verslaan nie, maar bloot om nóg ’n dag aan te hou.Want soms is net nog asemhaal die sterkste lied van my verhaal.
LYRICS
Titel: WanhoopspynSenutergende pyn wat nie wil kwynSkiet deur my liggaam, hou aan snyMeeste van die tyd help niks regtig niePilverdowing faal, bring geen verligting nieNet stil lê ek in ’n bed van seerTydelik sag, maar selde meerWant selfs die rus hou nooit lank standTeen hierdie pyn se harde handMag ek nooit wens dat dié wat oordeelSelf hierdie las moet saamverduurOf voel hoe diep die donker lêWanneer hoop so stadig weg wil glySaggies rol die trane afSoos gebede in die nagWoorde wat geen mens verstaanTensy hul self in hierdie skoene staanNiemand weet hoe swaar dit drukHoe pyn jou stadig stukkend rukHoe elke dag net oorleef voelWanneer jou siel geen vrede doelMy hart raak moeg, my liggaam swaarDie nagte lank, die dae klaarMaar steeds bly daar ’n stil gebedVir lig waar donker my vas hetSaggies rol die trane afSoos gebede in die nagVir daardie dag wanneer dit eindigEn seer nie langer oor my wenTot dan dra ek wat min kan sienMet elke tree wat oorbly dienWant soms is net nog asemhaalDie sterkste lied van my verhaal