’n Rou en intense lied oor die vernietigende greep van verslawing en die liggaam se desperate hunkering na nóg.Die lus versprei soos ’n siekte totdat elke gedagte, senuwee en deel van die liggaam daardeur oorheers word.Bewing, brandende pyn, vrees en uitputting verander die stryd in ’n oorlog binne die eie liggaam.Die stem fluister telkens “net één keer”, al steel elke toegewing nóg ’n dag.Selfs kort oomblikke van vergetelheid bring geen ware ontsnapping voordat die siklus weer van vooraf begin nie.Tog bly daar tussen die wanhoop ’n desperate begeerte om uiteindelik die demone af te skud.“Net één keer,” fluister die stem — maar elke keer wat ek hom voed, steel hy nóg ’n dag.
LYRICS
‘n lus wat soos kanker sel tot sel versprei ‘n wegholtrein teen ‘n fenominale spoed on omkeerbaar verwoed is die dorstige toe valle wat op my wese afpeil Ek bewe ek brand ek val weer uitmekaar hier binne my woed duisend duiwels deur die donker van my aar Net één keer net één keer fluister die stem weer sag maar elke keer wat ek hom voed steel hy nóg ’n dag En dan soos ‘n duisend son be-sies luidkeels uit volle bors dril op ‘n somers aand weergalm dit binne die skedel holtes van my brein En dan soos ‘n parasietende rot aan lewende senuwee knaag wyl tiekie…two…bob maag vlinders vrees aanjaend wapper elke senuwee punt op my vel soos vuurwerke tintelend ontplof Ek bewe ek brand ek val weer uitmekaar hier binne my woed duisend duiwels deur die donker van my aar Net één keer net één keer fluister die stem weer sag maar elke keer wat ek hom voed steel hy nóg ’n dag En dan wit lig flitse soos oorlogs missiele oor midde ooste nagte flikkerend strobo skopies my bloed belope oog balle bom bardeer En dan soos ‘n geraamte agter op ‘n datsun bakkie voortsnel op ‘n sink plaat pad my gewrigte ledemate been dere martelend laat rittel tit totdat pêrels doods sweet van my voorkop na neus punt na kenne bak af drup ah-h-h dan vir ‘n genadige wyle bedaar die aanvals pyle sink ek weg in ‘n donker dool hoof van genadige onbewustheid ‘n onwetende sugtende vergetelheid wat ámper ‘n ewigheid duur dán begin dit van vóór af weer voel dit sóveel erger hierdie keer is daar dan géén remissie vra ek met permissie vingers saam gevleg hande voor my kop ‘seblief gróót assebliéf gee my net nog één fieks dán wys ek jou ek hét die mannemoed die nodige fut om hierdie demone af te skud Ek bewe ek brand ek val weer uitmekaar hier binne my woed duisend duiwels deur die donker van my aar Net één keer net één keer fluister die stem weer sag maar elke keer wat ek hom voed steel hy nóg ’n dag