’n Nostalgiese lied oor daardie onvergeetlike familiepadritte see toe.Drieuur die oggend begin die avontuur met Pa se vrolike: “Wie wil saam gaan see toe?”Half aan die slaap word tasse gepak, padkos uitgehaal en kilometers agtergelaat.Kort voor lank begin die bekende vraag van die agtersitplek: “Pa… hoe ver nog?”Dan kom die groot kompetisie — wie die see eerste sien, wen daardie tien rand.Wanneer die kinders uiteindelik kaalvoet die water in hardloop, staan Pa net en glimlag oor die oomblik waarvoor hy maande gewag het.Vensters af, sout in die wind — wie wil saam gaan see toe?




Drie uur die oggend wakker gemaak
Ma staan in die gang, “Kom staan nou op!”
Half kwaad en half opgewonde
Vee die slaap uit ons oë, nog deurmekaar
Swaar voetstappe van Pa deur die gang
Uit volle bors word daar vir ons gesing
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan see toe …
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan see toe …
Half deur die slaap word klere aangetrek
Voëltjies wat te vrolik buite sing
Tasse word swaar deur gang gesleep
Pa jaag almal aan, asof ons laat is
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan see toe …
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan see toe …
Wiele rol skaars en ons weer in droom land
Bak van son die wekker wat ons wakker maak
Langs die pad gestop by sement bankies
Padkos blikkies en foelie uitgepak op tafel
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan see toe …
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan see toe …
Terug op die pad en dit vat nie lank
“Pa… hoe ver nog?”
Skaars ’n myl of twee verder in die pad
“Pa… hoe ver nog?”
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan see toe …
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan see toe …
Eerste een wat die see sien
Kry ’n tien rand noot
Skielik is niemand meer moeg nie
Almal staar oor die horison
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan see toe …
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan see toe …
Vensters af, sout in die wind
Naby is die see my kind
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan see toe …
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan see toe …
Pa arms gevou op die strand
Kaalvoet kinders hardloop die see in
Glimlag op Pa se gesig gewis gewys
Hy wag al maande vir die oomblik
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan see toe …
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan see toe …
Vensters af, sout in die wind
Naby is die see my kind
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan
Wie wil saam gaan see toe …